650Ha Farm For Sale in Thabazimbi Rural
R12,000,000
Web Ref No RNC50
WILD, BEES EN VAKANSIE PLAAS (650 HEKTAAR)
Baie mooi historiese 3 slaapkamer grasdak huis omring deur pragtige groot grasperke en koeltebome. Netjiese kombuis, eetkamer en sitkamer. Asemrowende uitsig op die Kransberge vanaf die woonhuis en tuin.
Groot onthaal saal kompleks, volledig met kombuis, restaurant fasiliteite, slaghuis, vleis verwerkings area en werkswinkel, asook ruim kantoor en ablusiegeriewe en ander buitegeboue.
Besproeiing vir tuine en grasperke word alles met fonteinwater uit die berg gedoen.
Tent en karavaanpark, baie netjies toegerus, elk met klein kombuis, badkamer, lapa en ontspanningsarea.
Groot store met tweede werkswinkel en pakkamers apart van woonhuis en saal kompleks.
Verskeie roetes met ongelooflike mooi uitsigte onder andere 4x4 roete, bergfietsroete en stap roete.
Die plaas le aangrensend aan Marakele Nasionale Park met 70% gelyk en gegolfde tipografie, met die res berg.
2 wildteelkampe van 30ha elk vir Swartwitpens telery, verskeie trek wild en vlakvarke.
Meeste breëblaar bosveld bome kom op die plaas voor met hoofsaaklik suurveld en 'n bietjie soet.
3 boorgate waarvan 1 met 'n dompelpomp toegerus is en 'n lewering van 10 000 liter per uur gee. 1 sementdam en verskeie seisoenale panne en stroompies, asook 3 standhoudende fonteine word op die plaas aangetref.
3 fase 25KVA Eskom krag met 1 generator by boorgat.