X

1,407Ha Farm For Sale in Thabazimbi Rural

R16,000,000

Web Ref No RNC583

UITSTEKENDE WILD- EN BEESPLAAS MET LODGE

Baie goed gelee plaas in die Rooibokkraal / Dwaalboom area. Gelykveld met hoofsaaklik rooigrond en sand-leem met 15% turf. Alles soetveld met meestal Akasias en vele ander bosveld bome onder andere Maroela, Matoppi en Kameeldoring. Die plaas is nie oorbewei of bebos nie en dele is baie mooi oop gemaak, dus minimaal ontbosting nodig. Die plaas is baie goed ontwikkel met goeie infrastruktuur, 19 wildsteelkampe wat 400 ha van die plaas beslaan, wat ook baie effektief vir beeskampe aangewend word, elk met eie waterpunte en wildwerend omhein, met korridor wat wild en bees skei.

Die lodge het 4 en-suite kamers met lugrelaars in elkeen, 'n baie mooi leefarea en TV kamer, volledig toegeruste kombuis, stoorkamers en gerieflike braai- en ontspanningsarea aangrensend. Die lodge slaap 16 gaste. Daar is ook 'n aparte 1 slaapkamer woonstel vir die PH's en ook 'n 100m skietbaan.

Die baie mooi uitgelegde tuin met swembad skep 'n heerlike bosveld atmosfeer met groen grasperke onder besproeiing. Baie mooi netjiese 1 slaapkamer plaaswoning, met 2 rondawels wat as nog 2 slaapkamers dien. Veelvuldige buitegeboue, store, pakkamers, 6 werkershuise, ruim slagfasiliteite en koelkamers by die huis asook by die lodge.

Water: 2 toegeruste boorgate waarvan 1 solar pomp met 3500 liter per uur lewering, en die 2e gat met dompelpomp en lewering van 1500 liter per uur. Alle water word van 1 sentrale punt af bestuur. 1 sementdam, 1 sinkdam, 2 gronddamme, 4 JoJo-tanks van 5000 liter elk, 6 wildsuipings op die oop plaas.

Wild nie by prys ingesluit nie, maar kan onderhandel vir addisionele bedrag. Spesies: Rooibok, BWB, Koedoe, Kameelperd, Swartwitpens, Gemsbok, Eland, Waterbok, Njala, Zebra, Roan, vele kleinwild en Vlakvarke.

Die plaas is in 'n Maatskappy en aandele kan dus net so oorgekoop word.

Features

Zoning Agricultural
Floor Size 400m²
Land Size 1,407Ha

Broker Contact Details

Manus Bezuidenhout
Candidate Property Practitioner
Registered with PPRA
(FFC 202 374 144 7)

Cell 083 454 6811
Office (014) 7722628
WhatsApp Me
Christiaan Greyling
RealNet Bosveld

Cell 082 878 2699
Office (014) 7722628
WhatsApp Me
Herman Barnard
Non-Principal Property Practitioner
Registered with PPRA
(FFC 202 332 771 1)

Cell 082 335 6441
Office (014) 7722628
WhatsApp Me

Message the Agent

We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy

1 of 1
I accept your privacy terms. Privacy Policy
We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy