X

498Ha Farm For Sale in Thabazimbi Rural

R6,350,000

Web Ref No RNC744

WILD EN JAG PLAAS

Hierdie plaas is baie goed gelee tussen Thabazimbi en Matjiesfontein, dis 'n gelykplaas met hoofsaaklik sand en sand-leem grond, rooigrond, maar geen turf nie. Die plaas is baie goed opgepas met min of geen bosindringing waarvan 50% van die plaas ontbos is. Wye verskeidenheid boom- en grassoorte kom voor en is hoofsaaklik soetveld. Boomsoorte sluit in groot Maroela en Hardekoolbome, baie Rooibos, Kameeldoring, Knoppiesdoring, Huilboom, Rosyntjiebos met Vaalbos in die sand gedeeltes. 4 Seisonale panne, elk met beton boogskuilings en waterkrippe. 1 Groot boomskuiling vir geweerjag. 2x 100 meter skietbane, 2x wildlaaibanke, baie goeie padnetwerk van ongeveer 80km. Plaas is omhein met 32 wildsdrade, met 2 wildkampe waarvan 1x 80ha en 1x 40ha wat beide geelektrifiseerd omhein is.

Luukse woonhuis met baie groot oopplan kombuis, sitkamer en onthaal area, groot stoep wat uitloop op grasperk en braai area, wat 'n heerlike atmosfeer skep. Diefwering met gaas voor elke venster, met lugversorgers in elke vertrek, WiFi in die hoofhuis. Jagtershuis, slaap 17 gaste, volledig toegerus met groot kombuis, lapa en onthaalarea. Die plaas is vol bespreek met jagters en kan net so oorgeneem word.

Groot oop stoor met koelkamer, slaghuis en slaggeriewe en pakkamers, asook 2 netjiese arbeidershuise. Skaapkrale met drukgang, nekklampe en sorteerhokke. Permanente passiewe wildvangboma met vangkrale en laaibank.

3 boorgate waarvan 1 toegerus is met lewering van 20 000 liter per uur. 2x 10 000 liter en 2x 5 000 liter water tanks. 50kw generator en 25 KVA Eskompunt. Losgoedere en wild is nie ingesluit by die koopprys nie, maar kan onderhandel en oorgekoop word.

Die plaas het 3 kaart en transporte, maar moet as 'n eenheid verkoop word.

Features

Zoning Agricultural
Floor Size 380m²
Land Size 498Ha

Broker Contact Details

Manus Bezuidenhout
Candidate Property Practitioner
Registered with PPRA
(FFC 202 374 144 7)

Cell 083 454 6811
Office (014) 7722628
WhatsApp Me
Christiaan Greyling
RealNet Bosveld

Cell 082 878 2699
Office (014) 7722628
WhatsApp Me
Herman Barnard
Non-Principal Property Practitioner
Registered with PPRA
(FFC 202 332 771 1)

Cell 082 335 6441
Office (014) 7722628
WhatsApp Me

Message the Agent

We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy

1 of 1
I accept your privacy terms. Privacy Policy
We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy