21 ha vakansie-plaas met pragtige uitsigte, om en by 20km buite Thabazimbi met baie potensiaal en goeie fondasies om op te kan bou. Die plaas het baie water, onder andere 4 boorgate waarvan 1 toegerus, 'n seisoenale spruit, asook 'n warmwaterbron. Daar is 'n verskeidenheid bome: Tambotie, Geelhaak, Apiesdoring, Kameeldoring, Hardekool, Haak-en-Steek en Sekelbos asook aangeplante bome bv. Bloekom vir ekstra skaduwee by kampstaanplekke.
Geboue: Hoofhuis met 4 slaapkamers en 2 badkamers Woonstel met 2 slaapkamers en 1 badkamer 10 Rondawels wat 2 persone slaap, met eie lapa, 2 met eie badkamers, 8 gebruik ablusieblokke 32 Karavaan/kampstaanplekke elk met krag- en waterpunte Ontspanningsaal en winkel Groot onderdak lapa Vermaaklikheids verhoog geskik vir opelug optredes naby die swembad 4 Swembaddens waarvan 1 as warmswembad gebruik kan word Ou skool met 5 klaskamers en 4 huise, elk met 2 slaapkamers Winkel met 3 vertrekke, kombuis en ablusie (naby hek) 3 Werkershuise Werkswinkel en 600 vkm stoor 50 KVA Eskompunt
Features
Zoning Agricultural
Floor Size 400m²
Land Size 21Ha