X

21Ha Small Holding For Sale in Thabazimbi

R4,500,000

Web Ref No RNC239

OFF GRID PLAAS MET ASEMROWENDE UITSIG

Uitsonderlike plaas met baie mooi sub-tropiese tuin en asemrowende uitsig.
Hierdie bergplaas is ook 'n binne-plaas naby die dorp gelee, geskik vir kleinvee boerdery of ander, gedeeltelik wildwerend omhein met die res beesdraad en berg. 'n Groot gedeelte van die plaas is ook gelyk.

Volledige solar stelsel met 27 sonpanele wat krag voorsien vir die huis, buitegeboue en die boorgatpomp is toegerus met sy eie sisteem met 6 panele. Eskom krag afgesit, maar punt met transformator is steeds op die plaas.

Ruim vierslaapkamer woonhuis met 2 badkamers en gastetoilet, studeerkamer, sitkamer, eetkamer en kombuis met ekstra vertrek vir yskaste. Lieflike groot stoep wat uitloop uit die hoofslaapkamer. Klip-kaggel in die sitkamer.
2 Grasdak lapas waarvan een 80 vkm groot, toegebou is en omskep kan word in 'n gaste woonstel. Die ander oop grasdak lapa het 'n besonderse uitsig oor die bosveld.
Die tuin is soos 'n stukkie paradys met sy hoe bome, verskeidenheid broodbome, 2 koidamme en besproeiing.
Sement swemdam wat ook gebruik word as reservoir vir besproeiing.
Daar is 2 toegeboude garages asook 'n werkswinkel by die woonhuis.
2 Groot store van 203 vkm elk, wat omskep kan word in akkommodasie.
2 Ou werkershuise van 45 vkm elk.

Meeste soorte bosveld bome onder andere Hardekool, Maroela, Rooi Ivoor, Kierieklapper, Rooibos en Akasias.
Trekwild soos Koedoes, Ribbokke, Bosbokke, Klipspringers, Vlakvarke en ander klein wild.

Baie sterk water van goeie kwaliteit. 1 Toegeruste boorgat met 2.4 Kw solarpomp en 6 sonpanele. Asook 2 boorgate wat nie in gebruik is nie.

Features

Zoning Agricultural
Floor Size 395m²
Land Size 21Ha

Broker Contact Details

Manus Bezuidenhout
Candidate Property Practitioner
Registered with PPRA
(FFC 202 374 144 7)

Cell 083 454 6811
Office (014) 7722628
WhatsApp Me
Christiaan Greyling
RealNet Bosveld

Cell 082 878 2699
Office (014) 7722628
WhatsApp Me
Herman Barnard
Non-Principal Property Practitioner
Registered with PPRA
(FFC 202 332 771 1)

Cell 082 335 6441
Office (014) 7722628
WhatsApp Me

Message the Agent

We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy

1 of 1
I accept your privacy terms. Privacy Policy
We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy