R28,350,000
            
            
            
            
            
            
              
              
              
                Monthly Bond Repayment R283,040.69
                
                  Calculated over 20 years at 10.5% with no deposit.
                Change Assumptions
                
                
                
             
            
              
              Calculate Affordability
               | 
              
              
              Calculate Bond & Transfer Costs
              
              
              | Currency Converter
              
            
            
            
            
            
            
            
            
            
            
            
            
           
          
        
        
        
        
          PRYS VERMINDER! - WILD / BEES PLAAS
          Plaas is gelee op Thabazimbi / Rooibokkraal grondpad plus minus 3 kilometer vanaf teerpad.
Die plaas bestaan uit 1 500 vlakgegrond en 800 hektaar plato en die res berg.
Meeste bosveldbome kom voor onder andere wilde kweper, stamvrug, kierieklapper, hardekool, tambotie, knoppiesdoorn, boekenhout, rooibos, raasblaar, blinkblaar, kameeldoorn en 'n kremetartboom met alle akasiasoorte.
Wild:
Koedoe, Rooibok, Duiker, Steenbok, Ribbok, Klipspringer, Bosbok, Vlakvark en Bosvark.
Hoofwoning:
4 Slaapkamers, 2 badkamers, TV Kamer en oopplan sit-, eetkamer en kombuis.
Tweede woning is 'n 3 slaapkamer oopplan huis van plus minus 250 vierkante meter.
Jagtershuis met 4 slaapkamers, 2 badkamers, sitkamer, eetkamer, kombuis en stoep.
Woonstel van 80 vierkante meter met 1.5 slaapkamer, badkamer en oopplan kombuis, sit- en eetkamer.
1 x 600 vierkante meter oop stoor plus 96 vierkante meter oop stoor.
3 x 3 vertrek werkershuise van 60 vierkante meter elk met krag en 1 x 2 vertrek werkershuise van 30 vierkante meter.
4 Boorgate waarvan al 4 toegerus is - 20 000 liter per uur.
1 x 25 KVA Eskompunt.
Groot grondpan met verskeie suipings.
1 500 ha is wildwerend toegespan.  Die res is weiding waarvan 3 kante toegespan is.
23 Beeskampe, 4 sementdamme en 12 waterkrippe.
Baie paaie in die berg en op die gelyk gedeeltes.
Plaas is vir BTW geregistreert.